Afrikaans.pdf

(58 KB) Pobierz
2001 en 2002 was 'n nagmerrie vir my.
Ek
moes maar net al die
operasies aanvaar en ook met die nuus tevrede wees wat my konsultant my gegee
het: "Jammer Andrew, jy sal blind wees vir die res van jou lewe..
Ek was op die ouderdom van 4 ‘weer gebore’, maar het nie die tipe lewe gely wat
van ‘n Christen verwag was nie, ek het gedink dat die Here my straf vir alles wat ek
in die verlede gedoen het. Ek het baie teneergedruk gevoel en het gehoop dat ek
nie die volgende operasie oorleef nie.
Die einste jaar wat ek blind geword het, het ek besluit om die te Bybel binne 1 jaar
deur te lees, maar ek het nooit gedink dat ek nie in staat sou wees om dit in die
tydperk te voltooi nie. Ek het wel daarin geslaag om teen die 31 Augustus tot by
Johannes 8 te lees.
Toe ek wakker word uit my koma, het my pa besluit om die res van die Bybel vir my
te lees, want ek kon dit nie self doen nie. Hy het met die eerste geleentheid vir my
begin lees. Dit was Johannes 9. Ek het tussen die trane deur geluister na die
volgende verse:
Johannes 9:1-3:
“Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af
blind was. Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie
man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?” En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy
eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat
God doen, in hom gesien sal kan word.
Ek het baie beter gevoel nadat ek na dié vers geluister het, hoewel my probleme
nog steeds daar was.
Alhoewel ek nog steeds my lae oomblikke het, onthou ek
Jesaja 41:10.
Dit lees
soos volg: " Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek
is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek
jou.
Ek is bewus van 'n innerlike vrede wat ek nie in eenvoudige woorde kan beskryf
nie. Ek gee nie om om fisies blind te wees nie want ek weet dat ek nie geestelik
blind is nie ("U, Here, laat my lamp helder skyn; my God gee lig as dit donker is om
my " -
2 Samuel 22:29).
Ek weet dat ek weer sal sien, dalk nie gedurende my tyd hier op aarde nie, maar
dalk in die hemel.
En die belangrikste ding wat ek deur my blindheid geleer het is soos
1 Samuel
16:07
sê: “ Maar Hy sê vir Samuel: “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone
lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge
as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.”
God sal ons nie oordeel volgens ons uiterlike nie. Hy weet alles, insluitend ons
denke van die lewe, die dinge wat onsigbaar is en wat ‘n verleentheid vir ons is. Die
verbode sondes, daardie skandelike daad wat jy nie kan uitwis uit jou gewete
nie......
En tog, God het ons so lief, daar is niks wat ons kon gedoen of gedink het wat
groter is as Sy liefde vir ons nie. Selfs die volmaakte, perfekte, heilige God sal met
reg en geregtigheid oordeel, Hy het na die aarde gekom in Jesus, Hy sal ons hel
verduur op die kruis, sodat ons nie die vooruitsig in die gesig hoef te staar nie. Hy is
so lief vir jou Hy het jou plek ingeneem om alles te vergewe, selfs die dinge wat ons
nie wil he enige iemand moet weet nie. As jy eerlik met jouself is, weet jy van dinge
wat niemand anders as God en jy van weet nie. Daardie dinge maak jou reeds 'n
sondaar voor God. Erkenning is om eerlik met jouself en God te wees.
En tog, wil jy iets daar omtrent doen? Jou eerlikheid hou jou net in jou huidige
toestand, maar volg jy Jesus as jou Here en Verlosser?
Andrew Díaz Russell.
Zgłoś jeśli naruszono regulamin